Ek is 'n kaal-voetkind van Suid Afrika.
Ek staan by die see en die wind waai ou droome weg.
"Hoekom is jou hart seer my kind?"
Die son skyn maar die pyn bly;
Hoe kan daar beeldskoon en verwoesting wees in die selfde plek?
Ek is leeg, ek eet maar ek bly honger.
Ek bly soek en ek bly dors.
Ek soek my hart wat dans en sing.
Ek soek my hart wat glo in goeie goed...
Ek soek myself en die groot Ek is sonder wie ek nie kan leef nie.
Ek mis die hardop lag; die kind wees, die droom en die eenvoudige
vertroue in my pa in die Hemel.
Ek stil my gedagtes
Ek kyk vir die see en onthou die Een met my is groter as die golwe,
storms, see en seer.
En ek vluister saggies, "Pa, as ek spring; sal jy my vang?"
Erika Filter
No comments:
Post a Comment